Sarie Marais
My Sarie Marais is so ver van my hart,
maar 'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooi-rivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin.
(refrein:) O bring my trug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon,
2x: Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Marais;
Ek was so bang, dat die kakies my sou vang,
En ver oor die see wegstuur;
Toe vlug ek na die kant van die Upinton se sand
Daar onder langs die Grootrivier.
(Refrein)
Verlossing het gekom en die huistoegaan was daar,
Trug na die ou Transvaal;
My liewelingspersoon sal seker ook daar wees
Om my met een kus te beloon.